Operasie Storm

Armia Krajowa-soldate wat tydens die Warskou-opstand veg. Een man is gewapen met Błyskawica-masjienpistool.

Operasie Storm (Pools: akcja „Burza”) was 'n reeks opstande wat gelei was deur die Poolse Tuisleër ("Armia Krajowa)" tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die hoofdoel van Operasie Storm was om beheer van stede en areas oor te neem waar Duitse magte besig was om voor te berei vir die verdediging teen die Sowjetse Rooi Leër, sodat die Poolse ondergrondse regering die mag kon oorneem voor die Sowjetse soldate gearriveer het. 'n Doelwit van die Poolse regering in ballingskap in Londen was om Pole se 1939-grense met die USSR te herstel en die Curzon-lyngrens te verwerp. Volgens Jan Ciechanowskiː

"Die [uitgeweke] Poolse kabinet het geglo dat deur te weier om die Curzon-lyn te aanvaar, verdedig hulle hul land se bestaansreg as 'n nasionale entiteit. Hulle was vasbeslote dat Russies-Poolse betrekkinge herstel moes word op grond van die territoriale reëlings voor 1939."[1]
  1. Jan. M. Ciechanowski. The Warsaw Rising of 1944. Cambridge University Press. Cambridge. London. 1974. bl.9

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search